DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING,NO. 2 VAN 2000
Item Beskrywing
1
2
3
4
5
6
7
8
Inleiding
Kontakbesonderhede
Riglyn in terme van Artikel 10 van die Wet
Kennisgewing(s) in terme van Artikel 52(2) van die Wet
Inligting / dokumente beskikbaar ingevolge ander wetgewing
Inligting / dokumente gehou deur Dykes van Heerden in terme van die Wet
Ander inligting
Beskikbaarheid van die Handleiding
   
   
1. INLEIDING
Die doel van die handleiding is om bystand te verleen aan voornemende versoekers ten opsigte van die prosedure wat gevolg moet word wanneer toegang tot inligting / dokumente van Dykes van Heerden versoek word in terme van die Wet.

Die handleiding kan van tyd tot tyd gewysig word en sodra wysigings gefinaliseer is, sal die opgedateerde uitgawe van die handleiding beskikbaar gestel word.

'n Versoeker kan Mev. Elaine Botes kontak indien hy / sy bystand verlang met betrekking tot die gebruik van hierdie handleiding en/of die rig van 'n versoek tot inligting / dokumente van Dykes van Heerden.


Woorde gebruik in die handleiding se betekenis is soos volg:-
"die Wet" beteken die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, No. 2 van 2000, sowel as alle relevante regulasies gepubliseer in terme daarvan;
   
"die handleiding" beteken hierdie handleiding tesame met alle aanhangsels daartoe, welke van tyd tot tyd beskikbaar is by die kantore van Dykes van Heerden;
   
"Dykes van Heerden" beteken Dykes van Heerden Ingelyf Prokureurs, gestruktureer as 'n ingelyfde maatskappy en welke firma regsadvies gee asook regsverteenwoordiging aan individuele kliënte en besighede / organisasies;
   
"SAMK" beteken die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie.
   
"Inligtingsbeampte" die senior vennoot van Dykes van Heerden is aangewys as die Inligtingsbeampte van Dykes van Heerden, aan wie versoeke vir inligting in terme van die Wet, gerig moet word.
   
 
2. KONTAKBESONDERHEDE (Artikel 51(1)(a) van die Wet)
     
  Naam van liggaam: Dykes van Heerden Ingelyf
 
  Vennoot en Inligtingsbeampte: Mnr Johan van Heerden
 
  Adres: Ontdekkersweg 19, Roodepoort
 
  Posadres: Posbus 21755, Helderkruin, 1733
 
  Telefoon: (011) 955-4787
 
  Faks: (011) 955-4799
   
  E-pos: elaineb@dykesvanheerden.co.za
   
  Webblad: www.dykesvanheerden.co.za
3. GIDS IN TERME VAN ARTIKEL 10 VAN DIE WET (Artikel 51(1)(b) van die Wet)
In terme van die bepalings van Artikel 10 van die Wet sal 'n gids deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie saamgestel word met inligting wat verlang mag word deur 'n persoon wat 'n reg wil uitoefen soos beoog in die Wet. Die gids sal beskikbaar gemaak word deur die SAMK in al die amptelike tale en is verkrygbaar by die SAMK.
Kontakbesonderhede van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie is soos volg:
PAIA Eenheid
Navorsing- en dokumentasieafdeling
Privaatsak 2700
HOUGHTON
2041
  Telefoon: +27 11 484 8300
  Faks: +27 11 484 0582/1360
  Webblad: www.sahrc.org.za
  E-pos: PAIA@sahrc.org.za
     
 
4. KENNISGEWING(S) IN TERME VAN ARTIKEL 52(2) VAN DIE WET (Artikel 51(1)(c) van die Wet)
Op hierdie stadium is geen kennisgewing(s) gepubliseer nie.
     
 
5. INLIGTING / DOKUMENTE BESKIKBAAR INGEVOLGE ANDER WETGEWING (Artikel 51(1)(d) van die Wet)
 
  Dykes van Heerden hou inligting / dokumente ingevolge die volgende wetgewing (neem asseblief kennis dat hierdie nie 'n volledige lys is nie):-
  • Insolvensiewet, No. 24 van 1936 (Artikels 134 en 155)
  • Wet op Pensioenfondse, No. 24 van 1956
  • Inkomstebelastingwet, No. 58 van 1962 (Artikel 75)
  • Maatskappyewet, No. 61 van 1973
  • Die Wet op Kopiereg, No. 98 van 1978
  • Wet op Prokureurs, No. 53 van 1979
  • Wet op Streeksdiensterade, No. 109 van 1985
  • Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde, No. 89 van 1991 (Artikel 65)
  • Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, No. 85 van 1993
  • Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, No. 130 van 1993 (Artikel 97)
  • Wet op Arbeidsverhoudinge, No. 66 van 1995
  • Wet op Basiese Diensvoorwaardes, No. 75 van 1997 (Artikel 31)
  • Employment Equity Act, No. 55 van 1998 (Artikel 26)
  • Skills Development Act, No. 97 van 1998
  • Wet op Mediese Skemas, No. 131 van 1998
  • Skills Development Levies Act, No. 9 van 1999 (?)
  • Werkloosheidsversekeringswet, No. 63 van 2001

    Die bogemelde rekords, insoverre dit van 'n publieke aard is, is outomaties beskikbaar sonder dat 'n persoon toegang daartoe hoef te versoek in terme van die Wet en soos verlang in Artikel 52.

     
6. INLIGTING / DOKUMENTE GEHOU DEUR DYKES VAN HEERDEN IN TERME VAN DIE WET (Artikel 51(1)(e) van die Wet)
   
  Dykes van Heerden hou inligting / dokumente soos hierna aangedui:
  • Inligting ten opsigte van die operasionele-, handels- en finansiële belange van Dykes van Heerden
  • Kontrakte
  • Kliënte databasis (persoonlike inligting van kliënte, handels- en finansiële inligting, inligting ten opsigte van voorgenome, bestaande en afgehandelde litigasie, inligting ten opsigte van ooreenkomste, voorstelle en intellektuele goedere van sodanige kliënte)
  • Standaard Indiensnemingskontrakte
  • Verslag ten opsigte van Gelyke Indiensneming
  • Verslag oor vaardigheidsontwikkeling
  • Dykes van Heerden Personeel Verslae
  • Menslike Hulpbronne (persoonlike inligting van gewese, huidige en voornemende werknemers en vennote / direkteure)
  • Lys van handelsmerke en hangende aansoeke
  • Versekeringspolise
  • Reëls en regulasies met betrekking tot die pensioenfonds

Die Dykes van heerden webblad (www.dykesvanheerden.co.za), welke toeganglik is vir enige persoon wat toegang het tot die internet, bevat 'n profiel van Dykes van Heerden, kontakbesonderhede, dienste gelewer en deskundigheid sowel as professionele werknemers.

Enige en alle inligting / dokumente wat versoek word ten opsigte van die voormelde, sal slegs beskikbaar gemaak word aan 'n versoeker onderhewig aan die bepalings van die Wet. Geen inligting wat deur Dykes van Heerden gehou word is outomaties bekombaar sonder dat 'n persoon toegang daartoe versoek in terme van en onderhewig aan die bepalings van die Wet nie.

'n Versoek om inligting moet in die voorgeskrewe vorm wees, gerig aan die Inligtingsbeampte en teen betaling van die voorgeskrewe gelde.

7. ANDER INLIGTING (Artikel 51(1)(f) van die Wet)
Die Minister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling het tot datum nog nie enige regulasies in terme van hierdie Artikel gepubliseer nie.
   
8. BESKIKBAARHEID VAN DIE HANDLEIDING (Artikel 51(3) van die Wet)
8.1 Die handleiding is gratis beskikbaar vir inspeksie by die kantore van Dykes van Heerden.
8.2 Afskrifte van die handleiding kan verkry word by die kantore van Dykes van Heerden, onderhewig aan betaling van die voorgeskrewe fooi.
8.3 Toegang kan tot die handleiding bekom word op die webblad van die SAMK (www.sahrc.org.za) en Dykes van Heerden (www.dykesvanheerden.co.za) en sal ook gepubliseer word in die Staatskoerant.
8.4 Dit handleiding wat bekombaar is op die webblad van die SAMK en in die Staatskoerant bevat nie die voorgeskrewe vorms en fooiestruktuur nie. Die vorms en fooiestruktuur kan verkry word op die webblad van die SAMK (www.sahrc.org.za) of die Departement van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling (www.doj.gov.za) (onder "regulations").









Copyright © Dykes van Heerden 2010